Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Muezzen" deur FERDI GREYLING
"Muezzen" deur FERDI GREYLING [boodskap #21245] Vr, 19 Februarie 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
MUEZZEN
Kensington, Johannesburg
Ferdi Greyling

Pers jakarandas in die geel lente
onder 'n lug vol purper wolke.

Voor dit reën
hardloop die wind
soos kinders in die pad af.

Laatmiddag spoel die son
oranje oor die stad
en vroeg in die aand
dryf die moskee se klanke
soos lig na bo
om God hoog in die sterre te soek.
Vorige onderwerp: Uit " & nou & nou" deur GERT VLOK NEL
Volgende onderwerp: "Pella le 'n kruistog ver" deur GEORGE WEIDEMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 15:57:06 MGT 2024